Wildstropers

1 11 2009

strikweb

Krediet vir foto:  Laevelder 30 Oktober 2009

Ian Macauley het ongeveer twee weke gelede op die grufonds op sy Boonbocks Natuurreservaat afgekop.  Die luiperdwyfie was toe reeds 48 uur dood gewees, nadat sy vermoedelik al ‘n week lank in die strik vasgesit het.  Vasgevang in die strik het sy kort voor haar dood nog geboorte geskenk aan 2 welpies.  Die een het nog aan haar probeer drink toe Macauley haar gekry het.  Ongelukkig is welpies later aan ontwatering dood.

Ek moes seker ‘n waarskuwing opgesit het vir sensitiewe kykers.  Dit is seker nie die tipe blog wat ‘n mens op ‘n Sondagaand wil lees nie.  Tog kan ‘n mens die wreedheid van stropers nie sugarcoat nie.  Ek het niks teen jag nie, maar ek het wel baie te sê teenoor wreedheid.  Om ‘n dier stadig te laat doodwurg is onmenslik en ek dink sulke monsters moet in hulle eie strik gevang word.  Ek bedoel natuurlik letterlik gevang word.

Wilddiefstal, ten spyte van die wreedheid, word hopeloos te ligtelik af te maak.  Onlangs het 3 stropers wat 9 rooibokke en ‘n blouwildebees in strikke gevang het ‘n R500 boete of 50 dae tronkstraf opgelê.  ‘n Rooibok alleen kos al R800.  Dit is ‘n grap, een wat glad nie snaaks is nie.  Wie gaan daardeur afgeskrik word?

Strikke diskrimineer nie.  Een van ons honde was al in so ‘n strik vasgevang gewees.  Hy het in die veld saam met ons geloop en gelukkig kon hy dadelik bevry word.  Wat as daar nie mense naby was nie?  Wat as dit ‘n kind was?

Ek twyfel of honger hier die motief was.  Honger is nie nog 40 strikke binne 3 km van die luiperdkarkas af nie.  Honger is nie 9 rooibokke op een slag nie.  Honger is geen verskoning vir wreedheid. 

Wreedheid teenoor diere is net so erg as wreedheid teenoor mense.  Dit moet swaar gestraf word. 

Wat dink julle hiervan?

Breinvasbrand:  Watter aksieheld het ‘n groen tier genaamd BattleCat gery?

Breinlosbrand: Olga was reg met Bartolomeo Cristofori.


Aksies

Information

24 responses

1 11 2009
maxie

👿 Hierop gaan ek liewer nie kommentaar lewer nie want jul ore sal behoorlik tuit. Regtig. 👿

Die antwoord is He-Man.

1 11 2009
Twilight

Ek HAAT sulke goed.

1 11 2009
Xena Phoenix

Twilight

Ek ook! 😡 👿

Max

As jy die geskikte woorde kan vind, gaan voort! Ek ken nie so baie woorde nie.

1 11 2009
Olga

weet julle wat puzzle my? hoe het die karkas afgeslag in die boom beland? hoe kon die kleintjies of dan n kleintjie aan haar probeer suip as die karkas in die boom hang?

1 11 2009
Olga

het di blixems eerder die kleintjies doodgeslaan, sou hul darem genade getoon het. ai, ek hoop hulle kry wat hul uitdeel. dit is regtig hebsug wat hul dryf nie honger nie. dan natuurlik n toordr het weer n paar rand betaal vir die vel.

1 11 2009
Xena Phoenix

Olga

Kyk na die lies, jy sien duidelik waar die draad haar gesny het. Ek dink die eienaars het self die vel afgehaal. Mens sien ook nie die draad van die strik nie.

1 11 2009
Olga

as die eienaars haar self afgeslag het, hoe verklaar jy die maggots op die karkas?

1 11 2009
Bossie

Ek dink nie aan ‘n woord hier nie .. eerder ‘n aksie … skiet die ^%$#& -> op sig

1 11 2009
Olga

bossie, nou praat jy.

1 11 2009
Bossie

Olga, ek sien jy vra oor die maggots. Soos Xena sê as jy na die lies kyk waar die strik was en as in aggeneem word die tydperk wat die dier moontlik vasgevang was, is dit nie ‘n buitengewone verskynsel nie. ‘n Karkas hoef in die Laeveld en bosveld se hitte nie baie lank buite in die hitte te lê voor daar maggots verskyn nie

1 11 2009
fokker

ek stem saam met olga. daar is van die swart nasies wat die velle gebruik as tradisionele kleed soos byvoorbeeld zuma in sy tradisionele drag so n ruk trug in die huisgenoot so my opinie is dat di val nie gestel was vir vleis nie. eerder vir die vel en pote wat defnitief vir muti gebruik sal word. daarom dat hulle die kleintjies gelos het, uit ‘n sangoma se oogpunt sou die wreedheid sy brousel net sterker gemaak het. mag die die vuilgoed kry wat hulle uitdeel. ek wens ek kan dit aan hulle uitdeel. die striksteller en sangoma alike. die arme diere hang soos vanmelewe se mense tot hulle dood is.

1 11 2009
fokker

ek wonder ook hoe het die karkas in die boom gekom. die soort strikke word skouerhoogte gestel vir die soort dier wat die bliksems wil vang. die feit dat die kleintjies aan haar gesoog het, kan beteken sy het op die grond gevrek. was toe opgehang om af te slag. ‘n dier wat vars afgeslag is, sal beslis nie krioel van maggots nie. die karkas lyk egter vars afgeslag. m.a.w die maggots het onder haarvel uitgebroei of deur die wond in gekom.

1 11 2009
sebastiaan

vir een keer stem ek saam sulke vuilvokops moet met toordoters en te al opgehang en lewendig afgeslag word. hule kry sowat r200 per bok. vokol meer as r300.

2 11 2009
Jayde

More

2 11 2009
Jayde

Dis wreed ! Ek dink ook daai ‘vonnis’ is ‘n grap ! Die arme kleintjies, hulle het baie wreed gesterf deur om te kom van dors en hulle was te klein om te verstaan wat gebeur !

2 11 2009
demoerin

Daar is geen verskoning vir wreedheid nie, en ongelukkig kom die mens elke keer tops uit op die wreedheidskaal!

2 11 2009
Selene Phoenix

More julle.

Ai my hart… geen dier moet so sterf nie! ‘n Ma wat geboorte geen en weet wat wag op haar en haar kleintjies! ‘n Wrede dood 😦

Die mens is darem maar wreed, en dit oor geld!

Ek het gisteraand so stukkie van Carte Blanche gekyk oor Renosters wat so gejag word vir hulle horings… dis verskriklik!!!! Daai plaas boer wat ons ken het renosters gehadm, maar toe hy op sy bul afkom het hy almal verkoop. Hy sê die wildstropers weet van renosters en sal mens nooit uitlos as jy een het nie.

2 11 2009
Xena Phoenix

‘n Mens kan sulke goed nie mense noem nie.

Selene

Gee jy my nou ‘n plan. Ek gaan ‘n renoster koop en self oppas. Ek wil sien wie kom probeer ‘n horing steel.

2 11 2009
Selene Phoenix

Xena
En daai stroper is mos ‘n krimineel… so jy mag dan skiet! 😉
En skiet asb dood!

2 11 2009
Xena Phoenix

Ek het gedink om hom / haar seer te skiet en dan te los om te vrek.

2 11 2009
Selene Phoenix

Xena
Nou dat jy dit so stel… klink dit na ‘n beter plan.

Maar ons sal die ou / vrou eers na ‘n miershoop moet sleep… sommer so aan die voet vas maak en rond sleep met ons perde… en dan vol heuning of stroop gooi.

2 11 2009
Xena Phoenix

Kan werk

Of wat daarvan as ons die renosters ‘n bietjie terg en hom dan tussen hulle ingooi. Hy wil hulle mos geboelie het, dan kan hulle hom mos boelie.

2 11 2009
Olga

As jy die regte renoster het, maak n vuurtjie en anker di wildstroper sekuur op sy rug in die genoster se pad.

2 11 2009
mnr.muller

Hulle moet die wildstroper se velle aftrek.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: