Wildstropers

1 11 2009

strikweb

Krediet vir foto:  Laevelder 30 Oktober 2009

Ian Macauley het ongeveer twee weke gelede op die grufonds op sy Boonbocks Natuurreservaat afgekop.  Die luiperdwyfie was toe reeds 48 uur dood gewees, nadat sy vermoedelik al ‘n week lank in die strik vasgesit het.  Vasgevang in die strik het sy kort voor haar dood nog geboorte geskenk aan 2 welpies.  Die een het nog aan haar probeer drink toe Macauley haar gekry het.  Ongelukkig is welpies later aan ontwatering dood.

Ek moes seker ‘n waarskuwing opgesit het vir sensitiewe kykers.  Dit is seker nie die tipe blog wat ‘n mens op ‘n Sondagaand wil lees nie.  Tog kan ‘n mens die wreedheid van stropers nie sugarcoat nie.  Ek het niks teen jag nie, maar ek het wel baie te sê teenoor wreedheid.  Om ‘n dier stadig te laat doodwurg is onmenslik en ek dink sulke monsters moet in hulle eie strik gevang word.  Ek bedoel natuurlik letterlik gevang word.

Wilddiefstal, ten spyte van die wreedheid, word hopeloos te ligtelik af te maak.  Onlangs het 3 stropers wat 9 rooibokke en ‘n blouwildebees in strikke gevang het ‘n R500 boete of 50 dae tronkstraf opgelê.  ‘n Rooibok alleen kos al R800.  Dit is ‘n grap, een wat glad nie snaaks is nie.  Wie gaan daardeur afgeskrik word?

Strikke diskrimineer nie.  Een van ons honde was al in so ‘n strik vasgevang gewees.  Hy het in die veld saam met ons geloop en gelukkig kon hy dadelik bevry word.  Wat as daar nie mense naby was nie?  Wat as dit ‘n kind was?

Ek twyfel of honger hier die motief was.  Honger is nie nog 40 strikke binne 3 km van die luiperdkarkas af nie.  Honger is nie 9 rooibokke op een slag nie.  Honger is geen verskoning vir wreedheid. 

Wreedheid teenoor diere is net so erg as wreedheid teenoor mense.  Dit moet swaar gestraf word. 

Wat dink julle hiervan?

Breinvasbrand:  Watter aksieheld het ‘n groen tier genaamd BattleCat gery?

Breinlosbrand: Olga was reg met Bartolomeo Cristofori.





Oplossing 005

1 11 2009

Algemene Kennis

  1. Universiteit van die Vrystaat (Maxie / Olga)
  2. 7 Julie 1973 (Maxie / Olga)
  3. Love Never Dies (Maxie / Olga)
  4. Anna en Lina (Maxie / Olga)
  5. Bulls (Maxie / Olga)

Uilspieel  (Watter een pas nie .  Gee asb ‘n rede vir jou antwoord).

  1. Jakobus – is ‘n boek in die nuwe testament, die ander is boeke in die ou testament. (Olga)
  2. Witbank – is nie ‘n provinsiale hoofstad nie.
  3. Stand-up – Liedjie van Right Said Fred, die ander is liedjies van Queen (Maxie / Olga)
  4. John Oszajca – hy was net aan Liza Marie Presley verloof, die ander was met haar getroud.
  5. Paul Kruger – hy was nie ‘n Voortrekker leier nie. (Olga)

Liedjiepret

  1.  Flavour of the week – American Hi-Fi (Maxie / Olga)
  2. Sugar and Spice – The Searchers (Maxie / Olga)
  3. Tiny Bubbles – Connie Francis / Ho Don (Maxie / Olga)

Nommer kopkrap (gee die vermisde nommers)

 9 en 16  (Maxie / Olga)

Toor met Woorde

  1. ‘n Koterie is ‘n kliek, ‘n beslote klub wat net uitgesoekte persone as lede aanneem. (Maxie / Olga)
  2. Maxie:  rysgereg; losgeruk; wasemrig.  Olga:  losserig, bosserig
  3. Testament (Olga)