Donovan Moodley (31) het gister aansoek gedoen vir ‘n herverhoor op die moord van Leigh Matthews. Blykbaar het Piet Byleveld, ondersoekbeampte in die saak hom gedwing om alles te beken ongeag of dit die waarheid was. Zaais van Zyl, staatsaanklaer:
“Hy het al drie happe van die kersie gevat. Daar is niks meer oor om te byt nie. Nou is dit ewe skielik ’n nuwe kersie.”
Heyneke Meyer is glo die nuwe Bok-afrigter, maar blykbaar weier die Bulle om hom te laat gaan. Niemand is al amptelik aangestel nie, maar die Bulle het ‘n verklaring uitgereik wat sê hulle keur nie Saru se versoek goed om Meyer beskikbaar te stel nie. Dit blyk ook dat Meyer hom nie gaan laat boelie nie.
Daar is ‘n groot bohaai oor ‘n geldinsamelings konsert wat vir Christa Steyn se mediese behandeling gehou is. Steyn het kanker. 37 kunstenaars het gratis op getree by die gratis lokaal wat Hoër Meisieskool Bloemhof beskikbaar gestel het. Maniac Music wat die konsert georganiseer het, het twee derdes van die wins self gehou en net ‘n derde aan Steyn oor betaal.
Diewe het glo ‘n groter aptyt vir Hilux en Fortuner-modelle. Juis omdat dit so gesog is, het Gautrein stasies spesiale parkering vir die karre.
Mishke Roux (6) het 3 van haar tone op ‘n roltrap in aManzimtoti verloor. Iemand het glo die noodknoppie van die roltrap gedruk. Mishke was agter haar ma toe haar linkervoet het tussen die kant van ’n trap van die roltrap en die glas vasgesit. Sy het ook haar linker sy beseer. Swastika Juggernath, woordvoerder van die winkelsentrum, kruip agter die waarskuwing dat geen kaalvoete op die roltrap mag wees nie weg.
Mediese fondse word glo deur rykes gemelk. Dit is glo omdat hulle by terapeute boer en eis vir goed wat nie regtig medies van aard is nie. Discovery-syfers toon pasiënte van die noordelike voorstede van Johannesburg het spraakterapeute en oudioloë gemiddeld meer as 17 keer per jaar gesien, teenoor die res van die lede se minder as vyf besoeke. Dit gebeur blykbaar op versoek van skole. Die voordeel was voorheen onbeperk, maar Discovery het nou ‘n limiet opgesit.
Sisanda Ndaza (13) is na 13 jaar met haar ouers verenig. Sy is glo toe sy 6 maande oud was deur ‘n familielid ontvoer. Hulle het na die voorval in 1998 dit by die polisie aangemeld, maar die saak is nooit geondersoek nie. Hulle het aanvaar sy is vir moetie vermoor, maar toe loop hulle verlede jaar die ontvoerders raak. Die vrou is deur die gemeenskap aangekeer en vir die polisie gegee. Sy het erken sy het die kind ‘n paar maande later in die veld gelos. Sy is later in pleegsorg gesit. DNS toetse het bepaal dat sy wel aan die Ndaza’s behoort en die hof het beveel dat sy terug geplaas moet word.
Lebogang Mokhatsane (10) het in ‘n vuil, onbewaakte swembad verdrink. Twee kinders van ongeveer 4 jaar oud het by die rolbalklub kom hulp soek. ‘n Tuinier moes tolk en toe het hulle gehoor ‘n kind het gegly en in die swembad geval. By die swembad, het hulle borrels op die oppervlakte gesien. Nie een van die polisielede wat opdaag kon swem nie en die brandweer moes ontbied word. Die seun se lyk is later uitgehaal.
hoe fokken pateties dat niemand, NIEMAND in m vuil swembad kon inspring en n kind kon uithaal nie? mense, waar is christenskap geen?
ek kon dit wragtig nie beter gestel het nie.
Oor die Christa Steyn storie. Amazing hoe die kunstenaars altyd sê hoe min hulle maak as hulle astronomiese bedrae vra vir optredes, en dit dan regverdig. Noudat daar ‘n ag-shame faktor bykom (ek is net so jammer vir énige mens wat deur kanker moet worstel, insluitend Christa Steyn) is hulle in die ander kamp? Of lees ek iets verkeerd?
noudat almal weet van maniac music, kan mens net hoop niemand sal hul ooit weer gebruik nie. Hoe VERAFRIKA al om ons ne.
Sies vir die maniakke wat christa steyn se geld gesteel het!
Ek dink Moodley moet sommer ekstra lewenslange vonnis kry omdat hy so openlik kom lieg en geld vermors. Wee jy. Poephol!