Die grootste sonstorm sedert 2005 het gister om 16:18 plaas gevind. Partikels van die son het die aarde teen 1 400 km/sek tot 2 200 km/sek getref. Dit mag dalk die begin van ‘n besige sonsiklus wees en kan moontlik ‘n effek op elektromagnetiese velde hê.
Alice Jogessar (69) is dood nadat ‘n trok haar getref het. ‘n 8t vragmotor het gistermiddag op die N3 verloor en het deur die Liberty Midlands Mall in Pietermaritzburg geploeg. Die trok het in ABSA tot stilstand gekom, maar het 5 motors in die pad getref. Die trok het glo heen en weer oor die N3 beweeg, voertuie verbygesteek en op die geel streep gery voordat dit die pad verlaat het. Die bestuurder en sy mededrywer is beseer. Daar gaan ‘n saak van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur ondersoek word.
Twee laerskool kinders is deur die Makgawerivier saamgesleep toe hulle gisteroggend die rivier naby Sun City oorgesteek het. Die rivier is in vloed. Die soektog deur polisieduikers moes ook afgelas word omdat die rivier te sterk was. In ‘n ander voorval moes 13 kinders van ‘n taxi gered word, toe hulle ook deur water meegesleur is in Rustenburg. In dieselfde omgewing het ‘n pa sy kinders uit die motor gered toe dit ook meegesleur is. Krokodille in die Blyde rivier vergemoeilik polisie duikers se werk.
Johan Geyer is gister in die rug geskiet terwyl hy kos gemaak het in sy huis in Brooklyn Pretoria. ‘n Buurman, Jaco La Cock, het gehoor toe Geyer se vrou en seun skree. Hy het oorgery en die rowers gesien. Omdat hy nie sy selfoon by hom gehad het nie, het hy by die huis ingehardloop en dit gaan haal. Toe hy weer uitkom, het hy gesien die rotte het ‘n geweer. Hulle het met sy Pajero gevlug. Hy het Tracker in kennis gestel wat die voertuig gevolg het. Die polisie het die rotte in Atterbury gekry en hulle het die Pajero by Hoërskool Menlopark gelos. Hulle het daarna ‘n Mercedez probeer kaap en die eienaar is in die arm geskiet. Hulle het toe weggekom.
André Gouws se prokureur, Anel Jacobs, voer aan dat die polisie se saak in die Chanélle Henning gegrond is op leuens van twee dwelmverslaafdes. Sy voer ondermeer aan dat Gouws as hy ‘n moord beplan het, nie sy foon op luidspreker in ‘n openbare plek sou sit nie. Die hof het ook gister beslis dat Benjamin Henning se foto nie meer in koerante gepubliseer mag word nie.
Die staat skuld mediese verskaffers meer as R2 miljard. Hulle beplan om glo R802 miljoen die maand te betaal, maar dit is ongeveer net 40% van hulle skuld. R108 miljoen gaan aan die lede van SAMED betaal word. Volengs Tanya Vogt, bedryfshoof van Samed, skuld die departament van gesondheid aan hulle lede R346 miljoen. Van hulle lede is al betaal, maar die meeste het nog nie ‘n sent gesien nie.
Die tropiese sikloon, Funso, gaan vakansieoorde aan die kus van Mosambiek se Inhambane-provinsie tref. Die sikloon is ‘n kategorie 4 en bereik glo snelhede van tussen 211 km/h en 249 km/h. Dit blyk nie enige gevaar vir Suid-Afrika in te hou nie.
Dit gaan omtrent R1 miljoen kos om ‘n kind wat nou in gr 1 in ‘n privaat skool is, deur skool en universiteit te kry. As die kind in staatskole is, gaan dit ongeveer R133 536 vir laerskool en R192 860 vir hoërskool kos. Privaat gaan dit R267 072 vir laerskool en R540 008 vir hoërskool kos. Wanneer dié kind universiteit toe gaan, sal hy sowat R335 130 vir klasgeld, R157 708 vir verblyf en R44 356 vir boeke nodig hê. Dit is in totaal sowat R537 194. As dit nou die geboortebeperking is nie.
Die plaaslike bande bedryf sleep die regering hof toe omdat hulle nie oor Redisa genader is nie. Redisa is ‘n band herwinningsplek wat gefinansier gaan word uit ‘n moontlike R2-36 / kg bandheffing. Die bedryf beplan blykbaar al 12 jaar lank aan ‘n soortgelyke South African Tyre Recycling Process Company (SATRP) op aandrang van die regering. Dit het hulle vanjaar al R8 miljoen gekos aan met die goedkeuring van die Mededingingskommissie en die nasionale tesourie. In Mei was die minister nog tevrede en dit is sonder rede in November afgekeur.
die regering gaan aanhou eis en eis en eis.
Eers het hemelhoee skoolfonds gekom.
Toe kom tolhekke op nationale paaie.
Toe eskom verhoging.
Toe die ignatus koste, asof ons gevra het daarvoor. Wat het ons daaruit gekry? SWEET BLUE BOKKERAWL. Mens staan nog steeds in die tou tot piet gekom het. Skuus, mens sit tou op n vieslike geskeerde spons matras wat iemand anders voor jou warm gepoep het.
Toe eskom verhoging.
Toe kry hul die slim plan om murse heffings op noodsaaklike meds en mediese dienste in te stel.
Toe kry hul die gp toll goudmyn. Dit was om die gautrein af te dwing.
Toe kom die groen belasting. (gaan hulle global aircon uit china koop?)
toe eskom verhoging.
Nou bandeherwinning belasting. Wat seker iemand close se sak gaan voer. Dit gaan gewis nie n staatsinstelling wees nie. Dit gaan besls nie geld vir die land se belang in nie.
Wat gaan volgende wees? Die orrelapie se gewete belasting? Uitsluitlik uit witmense se sakke!
Ek se 4k dit. Dis tyd om zambabwe toe uit te wyk. Hulle gaan witmense nodig het om hul land weer op te bou.