Iets opwindend

21 12 2011

Maankind het my uitgedaag . . .  en dit kan ek mos nie weerstaan nie.

Toe ek ‘n student was, was daar nog ‘n love-hate-verhouding tussen die polisie en studente.  Die polisie was uitgehonger vir studente wat gesteel het wat voorkom.  Hulle het dus behoorlik jag gemaak daarop.  Studente het aan die anderkant presies geweet waar hulle ‘n arm kan gaan draai as dit nodig is.

So het ons eendag met Zoep by die polisiestasie ingeloop en gevra dat hulle ons by die manskoshuise gaan aflaai.  Eers die kant toe en toe daardie kant, toe vat hulle ons na agter waar die sedans was.  Ons is so 3 meisies in die agterkant van ‘n BMW gedruk en daar vat ons die pad na Boekenhout.  Met loeiende sirenes en blou ligte.  Dit is ‘n ervaring en ‘n half om te sien hoe die karre vir ons pad maak. Ons het eers deur die manskoshuis gejaag voor ons by ons bestemming afgelaai is.  Opwindend was dit beslis.  Maar niks teen die storie wat ek wil vertel nie.

Ons was mal ook The Divine Secrets of the YaYa Sisterhood.  Een toneel het ons behoorlik gefassineer (ja, nes soos kinders en niks het nog verander nie). Caro besluit:  “There’s not a *** damn breeze in the entire state of Louisiana.”  Vivi was nie een om dit net daar te laat nie.  “Girls, we can NOT sit here and just puddle. Teensy get your keys, we’ll make our own breeze.”  Dit is dan basies wat gebeur:

Fassinasie help natuurlik niks as jy dit nie self kan probeer nie.  Die maande het verby gevlieg en van ons voornemens het daar niks gekom nie.  Tot die een aand toe ons besluit het dit is nou of nooit.  Soos met elke studente streek kon ons nie drank blameer nie.  Ons het in weke nie eers soveel as na drank gekyk nie.  Dit was nie behoorlik laat toe ons ons eie wind gemaak het nie.

Ek kan julle een ding vertel, in die snikkende hitte is dit ongelooflik lekker om die wind teen jou kaal vel te voel.  Na Dely weg, was daar te veel verkeer vir ons genot en ons is half teleurgesteld terug in die kar.  Net om die bestuurder te vertel sy is ‘n pissie.  Fout!  Groot fout!  Sy trek toe net daaraf dat iemand anders kan bestuur.  Ek en sy sal hempde ruil voor die Brooklyn Polisiestasie.

Nou ja, bang hare het ek mos nie juis nie.  Ons is skaars verby Duncan, toe klim ons by die vensters uit en trek ons t-hempde uit.  Daar sit die een polisiebakkie die ligte aan.  Dit is die vinnigste wat ek (en sy) terug in die kar in geduik het.  Ek het my rug nog boonop met die venster geskraap.  Dit was egter nog net die begin!

Daar sit daardie bakkie ligte en sirenes aan en begin ons jaag.  Die bestuurder was van Stellenbosch en het die omgewing glad nie geken nie.  Ons ander het ons lamgelag, daar was geen manier wat ons haar kon vertel hoe om te ry.  En daardie bakkie bly op ons hakke, mens sou dink ons het ‘n bank beroof.

Natuurlik het hulle ons gevang.

“Hey, julle moet dit nie nie voor die polisiestasie doen nie!” het die konstabel ons laggend berispe.

“Jammer, Oom, ons sal nie weer nie.” het ons gegiggel

“Ek is nie julle oom nie.  Gaan julle saam met ons ‘n dop kom drink?”

“Nee, dankie Oom!”

Dit was die einde, maar ‘n bakgat storie wat ons graag oorvertel.  Vertel ‘n bietjie van julle opwinding in julle jong (of nie so jong nie) dae?

Breinvasbrand:  Wie was die outeur van die boek “The divine Secrets of the YaYa Sisterhood”?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met die Kersbok van Finland.


Aksies

Information

5 responses

21 12 2011
MaanKind

Lekker! Dankie!

21 12 2011
Olga

rebecca wells.

21 12 2011
seegogga

lekker storie,ek antwoord op my blog

21 12 2011
seegogga

nee a|! WAAAAR IS MY GRAVATAR????

21 12 2011
seegogga

a! WWER GEVIND!

Lewer kommentaar