
Baie mense glo mos dat hulle ‘n juiste prentjie van iemand kan vorm van net kommunikeer (blog, twitter, ens) met iemand. Tot ‘n mate is dit seker nie juis te vergesog nie. Hulle reken mos waarvan die hart vol is, loop die mond oor. Jou blog is dus in ‘n mate ‘n weerspieling van ‘n gedeelte van jou binneste – maar net ‘n gedeelte.
‘n Kritiek wat dikwels gebruik word in dieselfde asem as bloggers, is hoeveel daar voorgegee word. Ek ken iemand wat voel dat bloggers hulle almal as heiliges voordoen. In ‘n mate is dit seker waar dat die beste voetjie altyd voorgesit word. Langenhoven het iets gepraat van dat ‘n mens jou swakplek ewe sorgvuldig vir jou vyande en vriende wegsteek. Dit is menslik, maar dit bied baie oppervlakige, fiktiewe karakters. Ongeloofwaardig en vals. Elke mens het immers goed en kwaad in hom of haar.
Nou raak ek weer filosofies en dit is juis vakansie. Tyd om te speel. “For one day, and one day only” kry jy ‘n kans om jou prentjie van Xena Phoenix te toets. Jy maak ‘n stelling en ek sal dan sê of jy Koud, Lou of Warm is. Byvoorbeeld:
-
Is jy mal oor ABBA? Warm
-
Ry jy perd? Koud
As iemand lus het om dit ‘n tag speletjie te maak, gaan voort. Dit kan dalk vet pret word.
Is jy anders as wat jy op jou blog is?
Nee, vrek. Warm! Hoop ek!!!!
Rus jy ooit?
Vuurvlamwarm
Geweet!
is jy hommer? Ek het die heerlikste, vars vetkoeke en biltong met sulke blink vet randte.
Warm!!!
Ek het vergeet om ‘n broodjie te bring
Is jy in ‘n verhouding? Liefdesverhouding, that is.
YSKOUD
Brrrrrr…..
Is jy harkoppig?
Hou jy van kinders? (moet warm wees)
Vuurvlamwarm
en
Warm
Was jy jou kar gereeld?
Self? Yskoud
Wat is daar nou oor om te vra??? Hou jy daarvan om te krap waar ander bang is om te kom???
Warm!!
Evil happens where good men do nothing
[...] Xena Phoenix wou speel, en ek is nou moeg gewerk, so ek speel sommer gou saam, pleks van filosofies raak vandag. Dit werk so: [...]
OK ek het ook gespeel, kom toets maar…
[...] Die Merrie het hiermee begin, Maankind het die aflosstokkie aangevat en hier is ek ook. Ek is hoeka te lui / besig / mislik (kies die een wat jou die beste pas) om regtig te skryf, so hierdie is ‘n uitweg. [...]
Mmmmm jy hou daarvan om ander mense te help, baiekeer ten koste van jouself.
Lou
Nie sommer ten koste van myself nie.