Lunch Week 41 / 11

27 10 2011

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

20ste herdenking; 30ste herdenking; 40ste herdenking; 50ste herdenking; 60ste herdenking; Pêrels; Goud; Breekware; Diamand; Robyn

Gemeenskaplike faktor?





27 10 2011

Daar is mense wat beslisde winter mense is en dan is daar natuurlik diegene wat net lewe vir somer.  Ek is seker tussen in, ek kla as dit winter is en ek kerm as dit somer is.  Seker maar soos die meeste mense, maar ek sal dit erken.

Die afgelope paar dae kon ek aardverwarming voel.  Ek is die grootste deel van die hittegolf gespaar danksy ‘n kantoor met lugverkoeling.  Soms moet ‘n mens egter die veilige, koel hawe verlaat en dit is dan wanneer jy met ‘n hitte kombers toegevou was.  Ene wat jy boonop nie kan afsmyt as dit ongemaklik raak nie.  Die ergste van alles is dat ‘n mens nie eers na ‘n donderstorm kon uitsien om dit te verlig nie.  Selfs skemer bring nie enige verligting nie.

Die humiditeit het my laat wonder of ek nie maar die hitte kan opkap en bêre nie.  Dit sal dalk ‘n bietjie werk neem, maar dit sal dan beslis aangenamer wees.  Wanneer die winter kom, kan ek die hitte weer uitpak en aanwend soos benodig.  Daar is beslis oorvloed, dus kan ek dit dalk in die winter verkoop ook.  Omgewingsvriendelik verwarming.  Ek sal ryk genoeg raak om nooit weer aan die weer uitgelewer te wees nie.

Dit is helaas net wensdenkery.  Dit blyk of dit ‘n uitmergelende somer gaan wees en ons moet maar die beste van die saak maak.  Ongelukkig kan ‘n mens nie onder ‘n sproeier sit en lees nie, maar jy kan dalk ‘n plan maak om ‘n fliek so te kan kyk.  Of sommer net sit en droom.

Vandag wil ek weet hoe jy die beste van somer maak?  Wat doen jy vir verligting van die hitte en hoe buit jy somer uit?

Ek was seker maar ‘n krokodil in my vorige lewe.  Ek wil net in die koelte sit en my mond laat oophang.  Niks anders nie.

Wel, dalk eet en drink.  Somertyd is die tyd van waatlemoene, mango’s en ander sappige vrugte.  Ideaal om jou van binne te verkwik.  Somer is ook ideaal vir sushi en koue vleise.  Gemmerbier en koeksisters!  Alles goed waarvoor jy nie eers jou kolletjie onder ‘n boom met verlaat nie.

Breinvasbrand:  Wie het ‘n treffer gehad met The Heat is On in 1975?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Impulse.