Koerantbrokkies

30 06 2011

Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het alweer onregmatig en onwettig opgetree en hom aan wangedrag skuldig gemaak.  Dit is die Openbare Beskermer se bevinding oor ’n ooreenkoms van R1,17 miljard vir die polisie se provinsiale hoofkantoor in Durban.  Cele het ’n werknemer van die departement van openbare werke in KwaZulu-Natal glo vir ’n “laevlak-amptenaar” uitgekryt en sy is verplaas nadat hy gekla het dat sy nie sy gesag aanvaar nie.  Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, is ook in die spervuur omdat sy nie met die OB wou saamwerk nie.  Soos met die geval in Pretoria, het Roux Shabangu die gebou gekoop kort voordat Cele dit wou huur.

Lawyer Marabe Talane en Rodney Katang Masemola se moordverhoor raak by die dag ‘n groter sirkus.  Eergister het hulle regsverteenwoordiger, Paul Shapiro, beswaar aangeteken omdat die vermoorde se vrou in die hof gehuil het en dit sy saak kan benadeel.  Hy en die regter, Tshifiwa Maumela, het ‘n hewige argument daaroor gehad.  Gister het hy weer aangevoer dat die vermoorde, Dawie Maree (27), is ’n rassis en dat ’n sameswering van wit Afrikaanssprekende mense daartoe gelei dat daar ‘n klag van moord teen sy kliente is.  Die moord het in 2008 gebeur.

Suid-Afrikaanse Taxivereniging (Santaco) wil ‘n bietjie uitbrei en nie hou nie.  Hulle wil teen die einde van die jaar ‘n laekoste lugdiens begin, maar belowe darem ook dat geen taxi bestuurder gebruik gaan word om die vliegtuie te vlieg nie.  Dit word op 16 September bekend gestel en sal in November gereeld vlieg op roetes soos Lanseria na Bishop.  Dit neem glo 14 ure per taxi.  Air Aquarius, wat met SA Express en SA Airlink werk, sal die lugdiens bedryf.   Daar sal taxi’s wees om die pendelaars van die taxi na die lughawe te neem.  Ek wonder of die gemiddelde taxi gebruiker die gemiddelde vliegkaartjie sal kan bekostig?

Hier begin dit:  ‘n Plaas naby Harrismith is deur ‘n man en vrou van Phuthaditjhaba beset Maandagaand.  Masiteng Petrus Sekonyela en Masefefo Julia Khoete het dit glo gedoen omdat Malema gesê het hulle moet.  Hulle het hulle beeste op die plaas gejaag, ‘n woonwa met ‘n sinkhuis staan gemaak en ‘n draadspanner amper aangerand toe hy vra wat doen hulle.  Petrus Weyers van Harrismith, die eienaar van die plaas, het met die polisie eergister opgedaag en mooi gevra dat hulle moet gaan.  Die besetters het dreigend vertel dat hulle die wettige eienaars is en hulle bly.  Khoete se man het glo 11 jaar gelede die plaas besit, maar dit is in 2005 deur die Landbank opgeveil omdat hulle nie hulle lening betaal het nie.  Weyers het ‘n klag van van betreding en opsetlike saakbeskadiging gelê en die polisie ondersoek die saak.

4 Chinese vroue is gearresteer oor ‘n bordeel wat hulle in Silverton bestuur.  Die polisie het hulle as kliente voorgedoen en was na die huis genooi.  Daar het hulle op ‘n man en vrou wat besig was afgekom en vyf stukke uitgedroogde perlemoen en ‘n strootjie vol kokaïen gekry.  Hulle het ook R16 000 se winste gekry.  3 van die vroue is onwettige immigrante en net een het ‘n verblyf permit.

Dit was die nuus, nou volg die blou bloed sepies.

Mense is baie ontsteld oor Newsweek ‘n foto van Diana langs Kate ingedokter het.  Die Amerikaanse tydskrif het ‘n hele profile gedoen oor wat Diana vandag sou gewees het.  Hulle het haar foto self verouderd.  Hulle reken sy sou ‘n bietjie jaloers op Kate gewees het, goeie vriende met die Middletons gewees het en na nog 2 huwelike in New York gewoon het.  Die The Atlantic Wire reken dit is grillerig en die New York Times vra:  “Skokkend, briljant of net doodgewoon goedkoop?”

Die gerug is glo dat Charlene Wittstock deur ‘n vooraanstaande familie in Monaco van die helikopterlandingsplek weggepraat is.  Sy wou glo pad vat omdat Prins Albert onttrou is.  Het sy nou regtig verwag dat die jakkals van snaar gaan verander?  Vir die meer romantiese onder ons, is daar ‘n ridder op die horison.  Ryk Neethling het Wittstock gister gebel om te hoor of alles reg is en haar assistent het hom verseker dat alles reg is.  Die paleis ontken ook nog enige voorval.

Ek dink nou aan ‘n wrede prins wat met ‘n meisie teen haar wil wil trou, maar dan kom die Bloemfontein seuna (bietjie naief, maar tog) tot die redding.  Uit die duim gesuig van Xena Phoenix.

Verjaarsdae:  Die nag van die lang messe het in 1934 in Duitsland plaasgevind toe Hitler van baie van sy teenstanders ontslae geraak het.  In 1953 is die eerste Chevrolette Corvette voltooi.  In 1997 is Hong Kong aan China oorgedra.  Mike Tyson en Ralf Schumacher.


Aksies

Information

6 responses

30 06 2011
Olga

hang hom hoog. Hang hom hoog. Hang hom hoog. Hang ook sy ward.

30 06 2011
Olga

skuus. Kanseleer die vorige asb.

30 06 2011
Olga

HANG HOM HOOG! HANG HOM HOOG!! HANG HOM HOOG!!! HANG SOMMER SY SPONSER EN OPHITSER HOeR!!!!!!!

30 06 2011
Grim Reaper

Hier kom lelike moeilikheid… en nie van gister af nie :evil: Ek hoop daai klomp wat so lekker plaas toe getrek het kry wat hulle verdien! Waar in jou lewe het jy dit nou al gesien! Sommer lus en trek na JM se huis toe want my voor ouers se ouers het mos daar gewoon of hoe?

30 06 2011
Die pleb in my ontbloot… « Demoerin

[...] laat ons sien… ek tag vir Xena, Dellie en Flintie (ek het nie vergeet van jou tag nie Flints – ek [...]

30 06 2011
Olga

grim, wat maak jy met lina se gevreetjie? Jy moet op die anc vergadering gaan oes.an oes.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 75 other followers