
Demoerin wil weet hoe platvloers en middelklas is ek nou eintlik. Wel, soos Sterretjie sou sê, ek is is kommin soos ‘n bokdrol. Ek moet dalk erken dat ek besonderse lae punte op die kommin toets kry, maar hulle vra dalk net die verkeerde vrae.
- Ek is geneig om te hard te praat. Te vinnig ook, maar ek het al in ‘n groot mate geleer om dit te beheer – as ek moet.
- My ma vertel my elke keer wanneer sy my sien dat ek baie lelik lag.
- Ek dra net grimering as ek absoluut moet. Accessorise klink vir my soos ‘n woord wat ek vir ‘n speltoets moet leer. Ek dra elke dag dieselfde horlosie, juwele en handsak. Ek sal miskien vir ‘n formele geleentheid ‘n poging aanwend.
- Ek dra soms ompaar sokkies. Dit is nie my skuld as die wasmasjien hulle maatjies geëet het nie.
- Ek lees alles waarop ek my hande kan lê. Dit sluit die Huisgenoot en Romantiese Fiksie in.
- Ek hou van ABBA en as dit my kommin maak, dan is ek met trots kommin. Ek hou oor die algemeen van klassieke musiek, julle weet, die klassieke treffers van die 60′s, 70′s, 80′s en 90′s. Roll over Beethoven.
- Ek het al in my nagklere ‘n tog van 400 km aangepak en uitgeklim vir koffie langs die pad. Ek sal maklik met my pantoffels winkel toe gaan, maar snaaks genoeg nie sommer kaalvoet nie. Dalk eenkeer in twee jaar.
- Ek drink uit ‘n bottel. Wat is tog die nut daarvan om ‘n glas vuil te maak? Dit proe in elk geval lekkerder uit ‘n bottel.
- Ek het ‘n Britney Spears CD en ek hou daarvan.
- Ek drink nie maklik skoon Coke nie. Ek verdun dit verkieslik met melk, maar Spice Gold kan ook werk.
- As jy by my huis koffie kry, gaan jy dit in ‘n beker kry met die melk en suiker klaar by gevoeg.
Ek kan nie nou nog van my platvloersheid onthou nie. Sal dit maar aan julle oorlaat om dit self te ontdek.
hang jou bene dan oop wanneer jy lag?
Bwahahahahaha – o wee, laat ek net gou die trane afvee.
Ek’s met jou met die drink uit ‘n bottel!
Ok reg, siende dat ek nog skop (net net) sal ek ook ietsie gaan skryf. Want o flip ek is erg kommin
[...] Herriemerrie het my getag vir speletjies en waarhede. [...]
Ek het een vergeet! Ek eet uit mense wat ek baie goed ken se borde uit. Ander mense bestel altyd lekkerder kos!er kos!
[...] http://herriemerrie.wordpress.com/2011/06/30/hoe-kommin-is-ek-regtig/, Herriemerrie het my getag. [...]
Ek reken as jy na Robbie Wessels se musiek luister, dan is jy “commin personified” .
Ek drink graag uit ‘n bottel, dis nou ‘n bier bottel, coke bottel, enigiets wat in glas bottel is.
Ek stem saam oor daai bottel ding – ek haat skottelgoed was.
Ha ha ha!!
Ek eet my take aways so uit die boks uit, en as ek kan sonder ‘n mes en vurk!
In my geval dra ek nou weer te veel make-up en lyk soos ‘n spook!
Ek het na ‘n “Die Antwoord” liedtjie geluister, gedownload en ken nou die woorde! Joh!!
Coke en melk? Sal dit nou nie probeer nie, raak eintlik so bietjie naar om daaraan te dink!
Ek is so kommin om my blog aanmekaar toe te maak! terwyl hy nou toe is, sal ek gou hier vertel., Ek sit lipstiek aan in die sopenbaar. Praat heeldag kliphard met myself, by die huis maar ook tussen mense. As ek nie praat nie, loop ek en kliphard sing. Raak goed simpel op ‘n partytjie, selfs sonder alkohol. sal sonder make-up dorp toe gaan en maklik in ‘n ou t-hemp. O ja, die komminste van kommin is my olifant t-hemp wat ek in die wildtuin gekoop het. maar ek dra dit nie baie nie.
[...] wil die bene juis nie aan die gang kom nie. Een ding is verseker, ek het baie van die kenmerke wat julle opgenoem het, ook in my arsenaal van [...]
[...] by alleman| Lewer kommentaar Ek het lekker gelees aan Sonkind, PJ, Dellie, Demoerin, Murphy en Xena se draakstekery met snobwaardes, en toe in dieselfde week het Dana Snyman op ‘n heel ander [...]