
Ek het nogal simpatie met Skemer wat met haar sakrekenaar en moedswillige getalle swoeg. Nie dat ek ‘n probleem met debiete en krediete het nie. Ook nie met getalle nie, die probleem streek veel dieper. Mens dink jy doen jou plig – miskien is dit sommer maar net blatante nuuskierigheid. Jy beplan dalk net om oë te wys of net om te help om ‘n belangrike kworum te bereik. Vas van plan om jou net vir ‘n uur of twee te verveel.
Dit is dalk hier waar die probleem inkom. Ledigheid is die duiwel se oorkussing en vandat ek geleer praat het, het ek nog nie opgehou nie. Nie heeltemaal my skuld nie, iemand praat bog en dan kan ek mos nie ignoreer nie. Mens wys die tjol uit en raai wat is die dank vir jou onbaatsugtige diens? Goodness gracious, voordat jy jou oë kan uitvee is jy tot ‘n kommittee verkies waarmee jy niks te doen wou hê nie.
Ek het nou nie ‘n beginsel saak teen kommittee nie. Ek sou glad nie omgegee het om op kommittee’s te dien as dit uit een persoon uit bestaan het nie. Persoonlike ervaring het my geleer hoe meer ou vrouens betrokke is, hoe verder bly jy van die kommittee weg. Veral as dit ‘n kommittee is waar daar nie drank bedien word nie. Hulle laat kommittee na ‘n sinoniem vir skaapkraal klink. Redeneer almal om hulle eie sterte.
Ek meen, hoe moeilik kan dit wees? As iemand iets voorstel waarmee jy saamstel, sê jy stem saam. Jy hoef nie dit woord vir woord te herhaal om te wys dat jy dit verstaan nie. As ‘n besluit geneem is, bly daarby. Dit is ‘n mors van tyd om dit week – na – week van voor af te debatteer net om weer by dieselfde besluit te kom. As jou voorstel uitgestem is, is dit uit. Moet dit nie op jou eie gaan doen, net om die volgende vergadering daarmee te monopoliseer nie. Daar was ‘n rede hoekom dit afgeskiet is, respekteer dit.
Is daar regtig ‘n voorsitter, ‘n sekretaresse en formele vergader prosedure nodig waar daar net ‘n handvol mense is? Dit verleng die hele onaangenaamheid en maak dit beslis nie meer effektief nie. Ek meen, as daar 6 mense teenwoordig is wat jy almal ken, is dit regtig nodig om formeel die naamlys af te lees?
Dalk, net dalk as iemand die kommittee verslaafdes kan genees, kan ‘n kommitte ‘n bruikbare voertuig word om aksies deur te voer. Tot daardie dag – de hel met kworums. Die lewe is te kort daarvoor.
Hoe voel julle oor kommittees en vergaderings?
Breinvasbrand: Wie was die koning van die Ridders van die Ronde Tafel?
Breinlosbrand: Selene was reg met 16 Oktober 1793.
eERste!!!
Koning Arthur?
Kommitees is op die beste van tye ‘n shleb. Week na week, vergadering na vergadering is dieselfde goed altyd op die agenda.
Ek verpes vergaderings, en rade en kommitees ens ens . . . dis net ‘n klomp mense wat twak praat en praat en praat en die werk kom nooit gedoen nie – Action speaks louder than words !
Nooit weer nie!
[...] net omdat ek in so ‘n goeie bui is, daag ek vir Toortsie, JanTwak, Son en Xena uit om dieselfde te doen (en sommer enige ander een wat wil saamspeel)… wat is skool dan nou [...]
Ek haat vergaderings. Vir my net ‘n totale tydmors.
‘n Komitee/komissie van ondersoek is iets wat jy gebruik om tyd te koop as jy nie kan/wil tot aksie oorgaan nie. Dit is ‘n vermorsing van tyd.
Ek hou van vergaderings waar daar lekker snaks is!! Mmmmm!
Ek HAAT kompleks vergadering… was by so paar, en almal kla oor alles maar sal niks maar niks doen nie!! Het amper ‘n vrou gaan vloek oor sy orders rond gooi… en dan nie eens kan dankie sê nie.
En dan was daar natuurlik die insident waar ek vertel was iemand se buurman het kaal op die kombuis tafel gestaan en toe ge… julle weet wat… en toe kom dit uit dat die buurman siek was dat die ander bure heeltyd hulle afloer! Ha ha ha ha!!!
Ek woon uit beginsel nie vergaderings by nie, behalwe wat ons eie besigheid aanbetref. Ek het gelukkig die verskoning dat my kinders al amper almal uit die skool is en die jong ouers moet maar die gevegte veg. Verder woon ek gelukkig te ver van die dorp en moet alreeds te veel ry, so ek val sommer in by die besluite wat geneem word. Ek is kamtig op die sending-watookal van NG Swellendam. Ek het gevra dat hulle my nie eers verwittig van vergaderings nie. Laat weet net wanneer ek waar hoeveel poedings moet aflewer of waar ek Saterdag moet help werk. ek volstaan by hulle besluite. Dit werk vir my!! maar ek het my dae gehad van vergaderings bywoon – mens moet net OUD GENOEG word, dan raak jy ouliker om jou daar uit te wurm!!
Ek dink vergaderings is totale tyd mors. Ek het dit gewoonlik vermy.