Sensitief vir gestremde behoeftes?

4 07 2010

 

Ons is teen die tyd al gewoond aan die gestremde parkerings regvoor die meeste plekke se ingange.  Ons sal (hopelik!) nie dood om die parkerings gevang word nie.  Ons sien af en toe iets oor gestremdes op televisie of lees ‘n artikel iewers.  Tog, hoe dikwels dink ons aan diegene wat nie so vrylik soos ons kan kom en gaan nie?  Ek dink omtrent nooit aan hulle nie.  Ek is nogal bereid om te wed dat ek nie die enigste is nie. 

Benewens die gerieflike parkeerplek (wat gewoonlik geblokeer is), ‘n paar strategiese hysbakke en soms toiletgeriewe, neem die gemeenskap nie juis gestremdes in ag nie.  Natuurlik voel ons almal verskriklik jammer vir hulle en voel dan vreeslik verontwaardig dat hulle nie ons jammerte soek nie.  Ons probeer om nie te staar nie en probeer om nie vernederende grappe te maak nie.  Hoeveel doen ons om die mense toe te laat om onafhanklik te funksioneer?

Ek dink nou byvoorbeeld aan diegene wat met ‘n rolstoel oor die weg moet kom.  Hoe kom hulle die goed op rakke by, waar ek wat as lank bestempel word, soms eerder die aftog moet blaas.  Toonbanke is gewoonlik borshoogte vir staande mense, wat nou vir diegene wat noodgedwonge moet sit?  Ek neem aan dat daar nie meer iets soos stoorkamers is nie.  Elke stukkie voorraad moet mos deesdae op die winkel se vloer wees.  Selfs ‘n rietskraal mens sukkel om vrylik te beweeg.  Dit moet nag wees om met ‘n rolstoel daar rond te beweeg. 

‘n Paar maande gelede is ek in Woolworths, Brooklyn, toevallig deur ‘n dowe meisie gehelp.  Sy het ‘n borsspeld gedra wat die koper ingelig het dat sy doof is en dat mense asseblief geduldig moet wees.  Sy kon baie goed verstaan wat ek wil hê, al kon sy my nie terug antwoord nie.  Hoeveel ander dowes sou met kliente kon werk as hulle kans gegun moet word?  Is dit nodig dat daar vir geduld gevra moet word?  Hoeveel horende helpers kan aan ‘n doofstom persoon se versoeke voldoen?  Hoekom hou flieks nie ‘n dowe aand elke maand nie?  Die gewilde flieks kan dit met onderskrifte gewys word.

Ek het ‘n jeugboek gehad wat oor ‘n blinde seun en sy kat gehandel het (Perkins).  Sy ma het verskillende knope op sy klere gewerk sodat hy die klere kon identifiseer tov kleur en materiaal.  Ek neem al die meeste blindes het iets soortgelyks in plek.  Hoekom kon ‘n standaard stelsel nie by klerehandelaars ingewerk word nie?  Ek as ‘n siende kry nie eers altyd wat ek soek op die rakke waar dit moet wees nie.  Hoe kom blindes oor die weg?  Is dit nie dalk tyd dat items en pryse ook in braille aangebring word nie?

Dit is net ‘n paar voorbeelde.  Aan watter gebreke kan julle nog dink?  Gestel nou gestremdes het die wêreld regeer, sou hulle ons behoeftes ook geminag het?  Het ek nou die kat heeltemaal aan die stert beet?

Breinvasbrand:  Aan watter gestremdheid het Ray Charles gely?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Mynie Grové.

About these ads

Aksies

Information

28 responses

4 07 2010
Olga

ray charles was siggestremd. EEEEEEEEERRRRRRRSSSSSSTTTTTTEEEEEE!!!!!!

5 07 2010
Olga

more, more.

5 07 2010
Xena Phoenix

More

5 07 2010
Selene Phoenix

Goeie more julle!!

Ek probeer nie daaraan dink nie, want dan dink ek dit kan more met my gebeur en ek weet nie of ek dit sal kan hanteer nie! Net om te dink jy nie net kan opstaan en gou iets doen nie!

Ek haat dit as mense gestremde mense se parkering vat, jy het 2 bene – LOOP!

Ek moet sê, toe ek in Engeland was het ek besef dat ons eintlik veels te min sulke parkerings het. Daar het hulle regtig baie!! Seker 30 op elke vloer, en hulle het parkeer area vir mense met kinders – die parkerings is ook groter.

5 07 2010
Xena Phoenix

Selene

‘n Ander siening weer is dat die parkerings gewoonlik leeg is. Ek reken dus daar is (vir nou) genoeg parkering vir gestremdes. Dalk moet ek beweging gestremdes gebruik. ‘n Dowe kan soos enige normale mens op normale parkering parkeer. ‘n Blinde moet liefs glad nie parkeer nie.

5 07 2010
Jayde

Dis net op daardie stadium leeg want ‘n ander idioot wat nie gestremd is nie het daar parkeer toe die gestremde wou parkeer

5 07 2010
Gogga

More more, Ek was nie so bewus van alle “differently abled” mense gewees soos ek hier in Engeland is nie.
Snaaks toe ek op skool was was daar verskillende skole gewees en hier in Engeland gaan hulle almal na dieslefde skool toe.
Daar is verlede jaar ‘n wet wat ingekom het alle winkels moet ‘n ramp he wat toegang vit rolstoele gee. Daar is programme in plek wat hulle geleenthede gee wat ek nie rerig in SA gesien het nie.
Dit het my altyd laat dink dat SA hulle gestremde mense wegsteek. Ek is bly om te hoor van die dowe meisie wat ook ‘n kans kry.

5 07 2010
Xena Phoenix

Aan die een kant maak spesiale behoefte skole sin. Dit is bv goedkoper om net ‘n paar braille opgeleide onderwysers op sekere punte te hê as om in elke skool een of twee te hê vir ingeval. Normale kinders is nog steeds net so geregtig op gehalte onderrig as gestremde kinders. Daardie ekstra programme is dalk die antwoord.

My een vriendin se pa is blind en hy staan vir niemand ‘n tree terug nie. Hy het geleer om op homself aangewese te wees en nie bakhand te staan vir almoese nie.

5 07 2010
Olga

ek kan jou vriendin se pa nog goed onthou. Sondae oggende na kerk as ek en hulle by ounies gaan melk koop het. Sy seun in die kaskar met die melkhouer. Hy, al uit sy kerkpak, kaalvoete wat die kaskar stoot.

5 07 2010
Xena Phoenix

Skies, my moddergooiery werk nie reg nie. Dit moderate enige kommentaar wat ‘n punt het. Vertel dit oor.

5 07 2010
Jayde

More julle

5 07 2010
Jayde

My kinders het saam sulke engel kindertjies grootgeword, jy sal nooit sien dat hulle so iemand snaaks aankyk of iets nie, ek persoonlik dink nie daar word genoeg vir die mense gedoen nie – en ja, ek raak bombefok as iemand op hulle parkerings staan wat heel able is, en partykeer is hulle so vermetel om net daar in die kar te sit, deure oop musiek blêr, rookwalms trek en dan skree die een nog sodat die ander een hom kan hoor bo die musiek en die gestremdes of selfs die wat nou al oud is en nie meer kan loop nie moet maar ver parkeer en aansukkel – oe nee – ek dink nie ek moet enigeiets verder sê vandag nie – my humeur is juis nie te lekker nie !

5 07 2010
Xena Phoenix

Ek sien die meeste laerskole laat deesdae Down sindroom kinders toe. Ek hoor hulle gaan ook baie goed aan in hoofstroomonderwys.

5 07 2010
Olga

in vandag se lewe is daar steeds ouers, ja, ouers wat hul dowe kind eerder met die en datse voorwendsel uit die skool kon hou. Of dan nie so heeltemal vandag nie. Sy is darem al 26. Die gereg moes haar ouers verplig, met n hofbevel, om haar skool toe te stuur. Toe was sy al 10. Dag na haar 15de verjaardag, is sy uit die skool en koshuis in pta gehaal. Sy kon mos n ongeskiktheids toelaag kry. Vandag is sy getroud met n kind. Dit kon help as sy kon gaan werk. Maar wie gaan n dowe vrou met net gr7 voltooi n werk gee? Sy kry driehonderd en iets rand per maand van die welsyn omdat sy getroud is. (dan mag hulle nie die volle ouderdoms of ongeskiktheids toelaag kry nie.) tensy die ega werkloos is. Ingeval die man werk of ook pensioen kry, kry die vrou net n gedeelte van die toelaag. Ek dink as n man net staatspensioen kry, kry n vrou wie kwalifiseer, die volle staatstoelaag.

5 07 2010
Xena Phoenix

As die mense bemagtig word om hulle self te kan help, gaan ongeskikheidsvoordele dalk nie meer nodig wees nie.

WAt doen ‘n mens nou in elk geval met R300 ‘n maand?

Sulke ouers behoort krimineel vervolg te word.

5 07 2010
Twilight

Dis waar dat sommige ouers ‘n plafon op hulle gestremde kinders se ontwikkeling plaas.

Ons ken egter tans ‘n egpaar met ‘n gehoorgestremde dogtertjie. Haar gestremdheid is van so ‘n aard dat sy, selfs met gehoorapparaatjies, klanke verwronge hoor. Sy is amper vier en praat feitlik niks verstaanbaar nie. Haar ma is haar ore. Dus klou sy letterlik aan haar ma vas. Haar ma het haar al in ‘n dagsorg gesit waar sy vir weke net in ‘n hoekie gaan sit en vir almal om haar gegrom het. Dit het haar eenvoudig net te veel getraumatiseer. ‘n Operasie kan haar gehoor verbeter, maar hulle moet eers wag tot sy ouer is.

Die mense bly in Pretoria. Daar is een skool met slegs gestremde kinders waarby sy kan aansluit, maar hulle “versorg” slegs die kinders. Daar is nie juis sprake van ektra stimulasie nie. Dan is daar twee ander skole waar gestremde kinders geintegreer word by kinders sonder gestremdheid. Die een skool aanvaar egter nie kinders wat nie selfstandig die toilet kan gebruik nie. Die dogtertjie het steeds hulp nodig met toiletgebruik, want sy kan nie haar behoeftes kommunikeer nie. Daar is boonop reeds 28 kinders in die klas. Van individuele aandag (hoewel sy ook terapie sal kry) is daar maar min sprake.

Die derde skool is beter in die sin dat daar meer gehoorgestremde kinders in die klas is, dit kleiner groepies bevat en hulle nie ‘n probleem met toiletgebruik het nie. Hulle sal haar help. Die skool is egter amper ‘n uur se ry van waar hulle bly en duur. Hulle is nie ryk mense nie en hulle het slegs een stokou voertuig.

Ek wil maar net uitwys dat daar selfs in ‘n groot stad probleme is met skoolonderrig vir gestremdes.

5 07 2010
Xena Phoenix

Dit is helaas ook baie waar.

Wat sal die ideale oplossing wees?

5 07 2010
Twilight

Dave Hingsburger, ‘n gestemdheidsaktivis van Kanada, het al gesê dat as gestremdheid is om nie dieselfde goeters te kan doen wat ander mense kan doen nie dan is daar met hedendaagse tegnologie, daar eintlik baie min is wat gestremdes nie dieselfde kan doen as ander mense nie. Die ware hindernis is die omgewing en mense se houdings. Met die regte ondersteuning en ‘n omgewing wat ingerig is om vriendelik teenoor gestremdes te wees, behoort daar eintlik geen “gestremdheid” te wees nie.

Ek dink die vraag wat enigeen homself moet afvra is: Hoe sou ek graag behandel wou word as ek in daardie persoon se posisie is?

5 07 2010
Twilight

Jy vra wat die ideale oplossing sal wees?

In hierdie spesifieke geval sal hulle die vêr skool kies en kyk hoe dit uitwerk. Miskien later nader probeer trek. Hulle seuntjie (ook effe gehoorgestremd, maar funksioneer heeltemaal goed binne ‘n gewone skool) is egter in ‘n skool nader aan die huis en baie gelukkig met maatjies wat hy het sedert sy kleuterdae. Hy sal dan na ‘n ander skool moet gaan. Dis maar ‘n geval van kompromie :-(

Ek wens ons het ‘n beter geintegreerde stelsel gehad soos Amerika en Kanada se IEP waar gestremde kinders sedert geboorte deur ‘n span terapeute wat jaarliks ‘n stel doelwitte vir elke kind in samewerking met ouers stel. Hulle het bv ook vrywilligers wat ouers kom help om gestremde kinders by die huis te versorg of wat saamgaan skool toe om die kind te help in die klaskamer.

Ons ken ook ‘n doofstom jongman wat vroeg al deur sy ouers in De la Bat by Worcester gesit is. Hulle hoop was dat hy daar sou leer praat, maar dit het nooit gerealiseer nie. Sy ma voel nou dit was die trauma van skeiding nie werd nie. Hulle het later ‘n privaat tutor gehuur wat aan hom kunsopleiding gegee het en hy word tans opgelei om animasie te doen – waar hy een van die topstudente is, ten spyte van sy gehoor en spraakgebrek. Maar hulle het die geld gehad om dit te doen. Daar is soveel hoogs begaafde, maar gestremde kinders wat nooit hulle potensiaal kan bereik nie as gevolg van stelsels wat net nie voorsiening vir hulle maak nie.

5 07 2010
Wille Kjind q

@ Skemer

Het jou maaikie al by Sonitus se deur gat aanklop? My laaitie is daar (grd 1) en ek is baie happy met sy vordering. Ek is net nie seker van die potty trained gedeelte nie……

Hy was voorheen by verskillende kleuterskole en die een in Eldoraigne (spl?) het hom binne ‘n week gehelp met potty training. Hy was toe nog doof (voor die op) en die anner kleuterskole het hom maar net saam die babas gesit.

5 07 2010
Twilight

Dankie! Ek sal haar vra.

5 07 2010
Olga

ek dink did galg is te goed vir sulke kinders.

5 07 2010
Olga

ASKIES, EKSJUUS, SORRY, I BEG PARDON, 4GIVE ME. EK BEDOEL SULKE OUERS.

5 07 2010
Xena Phoenix

WHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA
:lol: :lol: :lol:

5 07 2010
Olga

as skool standaarde al sover geval het dat hulle al kans sien om down sindroom kinders, blinde kinders en dowe kinders in 1 klas op 1 tyd te onderrig, is dit dalk tyd om alternatiewe te soek. Ek het ook gehoor gestremde kinders. So ek het simpatie met sulke leerlinge. Maar dit IS n remskoen vir die res van die klas. Stenig my maar. Ek staan daarby.

5 07 2010
Jayde

Ek stem Olga, hulle het nou al nie genoeg tyd om aan die ander leerlinge te spandeer nie wat nog van spesiale aandag.

5 07 2010
Jayde

Dankie tog – dis nie net ek vandag wat nie met myself kan huishou nie ! Nou voel ek sommer beter !

5 07 2010
Olga

laai dit voor winter se deur af jayde. hy gagn nie gatvol raak en waai nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 134 other followers

%d bloggers like this: