Verjaarsdag Klippies

27 06 2010

Mooi goedjies het die mens nog altyd aangetrek, veral as dit ‘n mooi klippie is wat in goud getooi kan word.  ‘n Klippies of 10 in die kas is nie juis iets om oor op en af te spring nie.  Goud is goud, maar baie vervelig sonder ‘n ietsie om dit op te kikker.  Wen-wen situasie dus.

Die oorsprong van geboortestene, word terug gespoor tot in die Bybel.  Aäron het twaalf stene in sy borsplaat in Eksodus gehad, een vir elke stam in Isreal.  Baie van die stene stem ooreen met die huidige geboortestene.  Hulle word weer herhaal in Openbaring, as die fondasie van die nuwe Jerusalem.  Die stene word in volgorde van die Romeinse kalender gelys.  Dit het eers in die 15de eeu in Poland mode geraak om dit te dra. 

Daar is soveel indekse oor watter steen, watter maand verteenwoordig.  Mens speel nie met die noodlot nie, dus moet jy seker sorg dat jy al die stene kry wat jou maand verteen woordig.  Elke steen simboliseer ‘n eienskap wat aan die draer oorgedra sal word.  Ek sal op die algemeen bekende stene konsentreer.   

  • Granaat (Januarie) – Standvastigheid, geloof, lojaliteit en krag.  Die draer sal vrolik en opreg wees;
  • Ametis (Februarie) – Nederigheid, vreugde, liefde en rykdom.  Dit sal die draer beskerm teen drokenskap.  Hulle eie, natuurlik.
  • Akwamaryn (Maart) – Gesondheid, hoop en jeug.  Die draer sal oordurende geluk en standvastige liefde geniet.  Dit verseker blykbaar ook veilige reise. 
  • Diamand (April) – Briljantheid, uitnemendheid, onskuld, geloof, vreugde, liefde en reinheid.  Die draer sal baie breed glimlag elke keer as hulle daarna kyk. 
  • Smarag (Mei) – Lente, hergeboorte, hoop, rus en vrede.  Die draer sal inskiklik en plesierig wees.
  • Pêrel (Junie) – Skoonheid, onskuld, integriteit, wysheid en rykdom.  Ons almal het al gehoor dat dit vir die draer trane bring, maar dit is dalk net ‘n bygeloof.
  • Robyn (Julie) – Goedhartigheid, delikaatheid, waardigheid en passie.  Die draer word beskerm teen vals vriendskappe, hartseer en onmiddelike gevaar. 
  • Peridoot (Augustus) – Die son en geluk.  Die draer word beskerm van verraad en dit moedig glo troue en vriendskap aan.
  • Saffier (September) – Kalmte, nadenke, onskuld, waarheid en edelmoedigheid.  Die draer sal troos, moed en sterkte geniet en hulle woede sal vinnig bedaar. 
  • Opaal (Oktober) – Selfvertroue, hoop, geluk, onskuld, gebed en sagmoedige liefde.  In die middeleeue was daar geglo dat dit vir die draer uiterste geluk sal bring omdat dit die kleure van al die edelgesteentes bevat.  Tog verbind baie mense dit ook met ongeluk of die dood.
  • Topaas (November) – Godelike goedheid, gretige liefde, trou, sagmoedigheid en integriteit.  Die draer sal erkenning en rykdom kry, maar ook van die bose beskerm word.  
  • Sirkoon (Desember) – Respek.  Dit beskerm die draer teen jaloesie en diefstal.  Dit beveg ook bose geeste en held die draer met spysverteringsprobleme.  

Hoe maak jy dus as jou hart sjokolade klop vir ‘n smarag of as jy die beskerming van ‘n Sirkoon benodig, maar jy verjaar in Februarie?  Daar is ‘n paar maniere om jou sin te kry. Daar was byvoorbeeld ‘n gebruik dat ‘n ma met die geboortesteen van die kind was sy in die wêreld bring beloon moet word.  Party suiniges het dit beperk tot net die seuns wat sy gedra het.  Jou geboortedag gee jou ook die reg tot ‘n spesifieke steen. 

  • Maandag – Pêrel
  • Dinsdag – Granaat
  • Woensdag – Katsoog
  • Donderdag – Smarag
  • Vrydag – Topaas
  • Saterdag – Saffier
  • Sondag – Robyn

Help dit jou nog steeds nie?  Wees gerus, alles is tog net mens gemaakte reëls.  ‘n Paar eeue gelede was dit immers maandeliks afgewissel gewees om die volle spektrum te dek.  In Januarie het vroue Januarie se stene gedra ens.  Daar is dus niks wat jou van jou gunsteling steen weghou nie.

Wat is jou geboortesteen?   Watter steen is jou gunsteling? 

Breinvasbrand:  Wat is Junie se geboorteblom?

Breinlosbrand:  Kaneel was reg, dit was ‘n egpaar of te wel ‘n man en vrou.

About these ads

Aksies

Information

21 responses

27 06 2010
Nikita

Maklike ene daardie, want Junie is my geboortemaand…dus die Roos is die verjaarsdag-blom! :)

27 06 2010
Nikita

O ja, alhoewel ek baie van die Perel hou, verkies ek robyne. Ek het robyne in my trouring. My perelring le in my kas! :)

27 06 2010
Xena Phoenix

Waneer het / gaan jy verjaar, Nikita?

Ek hou regtig niks van pêrels nie. As dit my geboorte steen was, het ek dit net daar verander.

28 06 2010
Nikita

Junie 11de :) saam met my ma!

27 06 2010
Olga

Granaat. My gunstelingsteen? ek dink smarag of dalk ‘n saffier. Weet jy wat? Diamante brand die kak uit my uit as die nat word. My ring moes met goud gevul word om dit verder van my vinger af weg te kry. :roll: hangertjie het piepklein diamant in. Het eendag bloes gedra waarvan die hals laer was as die hangertjie. Ek het gesweet en blaas groter as die hele hangertjie gebrand.

27 06 2010
Klip

Skroppend oor die hele werf, op soek na kos vir hom en sy henne, kom Haan af op Boervrou se verlore pêrel. Hy bestudeer dit aandagtig, soos net ‘n hoender wat op iets vreemds afkom kan, en sê: “Het Boer jou gevind sou hy gejubbel het, maar vir my is jy helaas van geen waarde nie. Ek het eerder een koringkorreltjie, nie eers die helfte so groot soos jy nie, as al die pêrels in die hele wêreld.”

28 06 2010
Xena Phoenix

Die pêrel sal hom nie eers volmaak nie. Buitendien los dit mos op in asyn. Wyse hoender.

28 06 2010
Olga

more, more.

28 06 2010
Selene Phoenix

Goeie more julle!!

My geboorte steen is Saffier… nie mal oor gekleurde stene nie, so ek sal die diamant kies baie dankie!! Ook nie mal oor gekleurde diamante nie, al kan hulle duurder wees!

28 06 2010
Xena Phoenix

Ek hou veral van die stene wat nie die gewone verwagde kleur is nie. Ek hoor ‘n mens kry ‘n granaat wat groen kan wees. En Pienk saffiere is redelik algemeen. Mens kry hulle blykbaar in so te sê elke kleur onder die son, ook kleurloos. Mens kry glo ook swart opale.

Nogal cool

28 06 2010
demoerin

:lol: Bwahahahaha… iemand het geweet ek moet in Feb verjaar, beter ‘n ametis aanskaf.

28 06 2010
Xena Phoenix

Jy beter maar by oom Juwelier gaan kuier, sonder ‘n meisie. Sy raak dalk onnodig opgewonde. ;-)

In die middeleeue het hulle ametis wynglase gehad sodat die drinkers nie dronk word nie. :lol:

28 06 2010
Olga

het die wynglase gewerk grietjie?

28 06 2010
Xena Phoenix

Olga

Ek weet nie, ek wag maar vir DMI om ons te kom vertel.

28 06 2010
demoerin

Ek sal terugraporteer… Watch this space

29 06 2010
Twilight

Hou van pêrels – my geboortesteen – en robyne. Hou nie van diamante nie, behalwe wanneer hulle afwyk van die gewone kleurloos. Geles is my gunsteling.

29 06 2010
Xena Phoenix

Pienk diamante is ook baie cool.

Na een besoek aan Cullinan is ek maal oor diamante. Die dag wat die dollar in sy moses in val, gaan koop ek diamante vir die dood.

2 09 2012
isabel dercksen

Sit die steen kleur ook op

28 02 2014
wenette

My geboorte steen is die safier. Ek sal dit vir niks wil verruil nie, want dit is my geliefkoosde kleur ook.

30 06 2014
Marthie

Middag ek verjaar in Julie en wil graag weet wat is Julie se verjaarsdag blom. Baie dankie

3 07 2014
Xena Phoenix

Larkspur is the flower for July. With its simple form, feelings of open heart and ardent attachment are attributed to it.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 134 other followers

%d bloggers like this: